Kerriepynappelblatjang

Pynpappels is nou goedkoop, ek het al n paar keer 3 pynappels vir R15 gekoop. Terwyl ek in die ry by Uitkyk staan en gesels, sê die tannie vir my, sy sny die pynappels op en vries dit. Toe ek die “Lekker vir later Plus!” deur Annette Human, oopslaan is daar baie resepte vir pynappels, ook vir kerriepynappelblatjang – bl 163.
In plaas daarvan om die uie en pynappel fyn te sny het ek dit vinnige deur die voedselverwerker gesit.

Dit is n vinnige resep en my enigste wysigings was om knoffel en bietjie rooi pepper by te voeg.

Die nuwe tregter wat ek saam met die Ball’s Home Preserving Starter Kit gekry het het baie gehelp om alles vinnig en netjies in die flesse te kry. Ek het 3 bottels blatjang uit die resep gekry.

Die kerriepynappelblatjang is heerlik saam met braaivleis en ek sal dit definitief weer maak. Sommer gou weer, terwyl daar baie pynappels op die rakke is.