Maak jou eie seep

Maak jou eie seep

My ouma Louise Blignaut het altyd boerseep gemaak. Ek onthou dit was so roomkleuring, het nie baie lekker geruik nie en my Ma het geglo niks kry n vadoek witter as  boerseep nie. Ek het nooit daaraan gedink dat jy jou eie badseep kan maak nie… totdat ek Rhoda Hetzel se blog Down to Earth begin lees het. Sy het n seepresep met net 4 bestandele. (water, seepsoda, olyfolie en klapperolie), lees meer hier.

Daar is basies 3 maniere om jou eie seep te maak:

Smelt-en-gietmetode(melt and pour)

Jy koop voorafvervaardigde seepstawe wat jy smelt en in die vorm van jou keuse giet.  Jy kan geurmiddels en kleurmiddels byvoeg, maar jy het nie beheer die bestandele wat reeds in die stawe is nie.

 

Kouewatermetode (cold process)

Jy het die volgende nodig om n basiese seep te maak:

Gedistilleerde water

Seepsoda

Olies en/of botters

En indien verkies kleursel en geursels

Waneer die seepsoda by die water gevoeg word, word die mengsel oombliklik warm (baie warm!!!).  Hierdie mengsel word by jou gesmelte botters en olies gevoeg en gemeng totdat transering (trace) plaasvind. Dan word die mengsel in vorms geplaas. Die hitte omskep die bestandele in seep. Die seep se pH is nog baie hoog en glad nie veilig vir gebruik nie. Die gesnyde seep moet nog vir 4 tot 6 weke lê  en verouder todat die Ph voldoende verlaag het vir veilige gebruik.

Olyf- en klapperolie seep (koue watermetode)

 

Kookmetode (hot process)

Die proses is presies dieselfde tot voor jy die seepmengsel in die vorms gooi. Ek gebruik my slow cooker om seep in te maak en  nadat die traseerstadium bereik is, bly die mengsel in die slow cooker en word vir n verdere uur of twee gekook tot die verseping voltooi is, die ph verlaag het tot n veilige vlak vir gebruik. Die voordeel van die kookmetode is dat jy nie die seep vir weke te hoef verouder nie voor gebruik nie. ‘n Week of twee is gewoonlik voldoende.

Gousblom en Rooibosseep (Kookmetode)

Daar is letterlik duisende resepte beskikbaar op die  internet asook Facebook bladsye. Ek volg Saponification Nation en Soap Making 101 op Facebook.

Vergewis jouself van al die veiligheidsmaatreels. Jy werk met warm vloeistowwe van tot 80 grade Celsius en die seepsoda kan ernstige brandwonde veroorsaak indien dit in aanraking met jou vel en oë kom. Dra handskoene, beskermende klere en skoene en ‘n veiligheidsbril. Moet ook nie die seepsoda dampe inasem waneer seepsoda by water gevoeg word nie. Ek werk buite met die seepsoda. Moenie seep maak waneer kinders en troeteldiere onder jou voete is nie.

Koffie en speseryseep (Kookmetode)

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *